fbpx
Vryheidsfront Plus

Boere wys met dapper reddingspoging dat Suid-Afrikaners nog omgee vir mekaar ten spyte van sekere politici se rasverdelende uitsprake

Die voorval die afgelope Dinsdag (21 Februarie) naby Parys waar boere onder lewensgevaar sowat dertig skoolkinders van ‘n moontlike waterdood uit ‘n bus gered het, wys dat Suid-Afrikaners oor die kleurgrens heen nog vir mekaar omgee nieteenstaande verdelende uitsprake van sommige politici, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

In die voorval, waar vloedwater ‘n bus vol skoolkinders van ’n laagwaterbrug afgedruk het, het boere van die omgewing uit eie inisiatief na die toneel gehaas en ure lank gespook om die kinders met ‘n trekker na veiligheid te bring. Al die kinders is van die Weiveld Hotel-Landbouskool.

Tydens die reddingspoging is een van die boere deur die vloedwater meegesleur en kon hy self moontlik omgekom het indien hy nie ‘n reddingsbaadjie aangehad het nie.

Adv. Alberts sê ‘n voorval soos hierdie dien as bewys dat daar nog groot welwillendheid onder Suid-Afrika se mense van alle rasse bestaan.

“Die boere het nie gevra wat die kleur van die kinders is nie. Hulle het bloot ingespring en gehelp. Selfs al was van hulle se eie lewe in gevaar.

“So ‘n voorval belig ook opnuut die skokkende onvanpastheid van sekere politici se verdelende uitsprake. Dit dui daarop dat hulle bereid is om groot rassewrywing te veroorsaak bloot om goedkoop politieke punte vir eie gewin aan te teken,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.