Die aanstelling van Brian Molefe as parlementslid wys dat die faksie van president Jacob Zuma als in sy vermoë sal doen, selfs ten koste van die land, om lojaliste van die president in hoë poste aan te stel, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.
Dr. Groenewald sê dit is duidelik daar is ‘n verskuilde agenda agter die skuif om Molefe in die parlement te ontplooi.
“Dit wil voorkom of hy in die finansiële omgewing, dalk selfs as minister van energie, aangestel kan word.
“Kiesers verwag dat parlementslede hoë etiese norms en waardes moet nastreef om hul belastinggeld behoorlik te bestuur en aan te wend.
“In Molefe se geval het die Openbare Beskermer (OB) reeds ‘n vraagteken oor die etiese optrede van Molefe geplaas. Daar moes eers gewag gewees het totdat daar klarigheid hieroor verkry is voordat hy as parlementslid aangestel is.
“Aanstellings soos hierdie wys opnuut dat pres. Zuma doen wat die beste vir homself is, en nie wat in die beste belang van die land is nie,” sê dr. Groenewald.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403


