fbpx
Vryheidsfront Plus

Bloemfontein: Dringende ingryping is nodig by rioolkrisis in Hillside View en Hamilton

Die VF Plus het die Mangaung-metro versoek om dringend in te gryp by die rioolkrisis in Hillside View en Hamilton.

Die party het ná verskeie klagtes van sakelui en inwoners ʼn oorsigbesoek gebring aan die twee gebiede en groot probleme gevind.

Riool vloei tans vanuit die Hillside View-woongebied deur die Hamilton-sakegebied en beland in stormwaterkanale wat afvloei na die Rooidam-gebied.

Verskeie mangate op erwe in Hillside View is verstop, wat die oorsprong van hierdie rioolriviere in die omgewing is.

Tydens die oorsigbesoek is ʼn skaapwagter aangetref wat sy skape naby die dam in ʼn rioolvlei laat wei wat reeds begin vorm het.

Die VF Plus het die stadsbestuurder, mnr. Sello More, van Mangaung in kennis gestel van die besoedeling en gevra dat daar dringend opgetree moet word.

Die metro het bevestig dat die rioolstelsel by die Hillside View-aanleg tans vol sand is en ‘n kontrakteur reeds aangestel is om nuwe pompe te installeer.

Volgens die metro word die pypleiding nie gereeld skoongemaak nie en indien dit wel skoongemaak word, word die werk half gedoen.

Die VF Plus sal hierdie onhoudbare situasie noukeurig monitor om te verseker dat die ekosisteem nie verder beskadig word nie en dat die natuurlike waterbronne in en om Bloemfontein beskerm word.

Die rioolbesoedeling hou ook ʼn gesondheidsrisiko in vir inwoners en het ʼn direkte impak op die bedrywighede van Hamilton se sakelui.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.