fbpx
Vryheidsfront Plus

Birchleigh in begin van 2025 in donker gehul

Inwoners van groot dele van Birchleigh in Kemptonpark het die eerste sewe dae van 2025 sonder krag binnegegaan weens twee afsonderlike gevalle van kabeldiefstal by mini-substasies.

In die eerste voorval op 2 Januarie is kabels gesteel by die mini-substasie op die hoek van Mathumi- en Ysterhoutstraat. Die substasie is vyf dae later herstel.

Kabeldiewe het egter op dieselfde dag toegeslaan by die mini-substasie in Maroelastraat. Krag is twee dae later herstel.

Gefrustreerde inwoners het hul ontevredenheid teenoor die VF Plus uitgespreek oor die Ekurhuleni-metro se onvermoë om kritieke infrastruktuur te beskerm.

Dit wil voorkom of dieselfde misdadigers mini-substasies in die woonbuurt teiken.

Dit is onaanvaarbaar dat Ekurhuleni miljoene bestee aan sekuriteit, maar dat die substasies  onbewaak gelaat word.

Die VF Plus sal die saak met die eerste raadsvergadering van 2025 ter tafel lê en op antwoorde en oplossings aandring.

Sekuriteitsmaatreëls by kritieke infrastruktuur moet geprioritiseer word en daar kan van private sekuriteitsmaatskappy gebruik maak word om daarmee te help.

Inwoners betaal ten duurste vir dienste en weens misdadige elemente moet hul belastinggeld vir onnodige herstelwerk aangewend word.

Die metro het ʼn plig om infrastruktuur en inwoners se belange teen misdadigers te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.