Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Beweerde “Black Face” in Upington – VF Plus dring aan op regverdige proses

Die beweerde geval van “Black Facing” aan die Hoërskool Duineveld in Upington het ‘n verdere nadraai, aangesien die onderwyser, mnr. Jaco Liebenberg met verlof is hangende die Noord-Kaapse onderwysdepartement se ondersoek.

Dit blyk uit ‘n skrywe wat die skoolhoof, dr. Rooies Andrianatos, vandag aan die skoolgemeenskap gestuur het.

Die VF Plus dring daarop aan dat hierdie ondersoek regverdig sal wees, sodat die noodwendige ontwrigting so vinnig moontlik verby kan gaan.

Mnr. Liebenberg is ‘n gewilde en meelewende onderwyser.

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir basiese onderwys, me. Joy Maimela, het in Oktober verlede jaar met ‘n oorsigbesoek, Upington se Afrikaanse hoër skole aangeval omdat hulle, volgens haar, te min swart leerders het. Dit het sy gedoen sonder om die omgewing se bevolkingsamestelling in ag te neem.

Dit is bekend dat die ANC in Upington hoër skole teiken.

Die VF Plus dring daarop aan dat hierdie ondersoek nie in ‘n heksejag ontaard wat poog om rassisme te bewys, net om die ontwrigting te regverdig nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.