Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Bemagtig polisielede om gewelddadige aanvalle op infrastruktuur, voertuie en sakeondernemings te stop

Die VF Plus het die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, dringend versoek om polisielede beter toe te rus met genoegsame vuurwapens, ammunisie en voertuie om die huidige gewelddadige onluste onder beheer te bring.

Die party het ook die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, versoek om ‘n dringende gemeenskapsveiligheidkomitee-vergadering te belê waar die situasie bespreek kan word. Die VF Plus sal daar vra dat bykomende beskerming gebied word aan regeringsinfrastruktuur soos staatsgeboue, treinstasies en hoofpaaie.

Die tydelike diensstaking van Metrorail en die Rea Vaya-busdiens is genoodsaak, nie net om die netwerke te beskerm nie, maar ook werknemers en passasiers.

Intussen het Rand Water en City Power aangekondig dat hul werknemers weens die onluste nie dienste op grondvlak kan verskaf nie.

Plunderaars kan nie toegelaat word om winkels te stroop en motors aan die brand te steek nie. Die ekonomie is reeds op sy knieë weens die Covid-19-inperkings en baie meer sake-eienaars wie se ondernemings beskadig en geplunder is, het geen ander keuse om hul deure permanent te sluit nie.

Die aanslag op swaarvoertuie vanaf KwaZulu-Natal na Gauteng word ten sterkste veroordeel en kan noodsaaklike tekorte in Gauteng teweegbring.

Die VF Plus is bekommerd omdat die polisie se intelligensie-netwerke van so ‘n aard is dat geen voorkomende maatreëls getref is om die gewelddadige optrede in Gauteng te onderdruk nie en skryf dit toe aan die gebrek aan politieke wil om die situasie te beheer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.