fbpx
Vryheidsfront Plus

Belastingbetalers dra swaar om Dlamini-Zuma veilig te hou in haar verkiesingsveldtog

Dit kos belastingbetalers al byna R800 000 sedert November verlede jaar om dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se bloulig-kavalkade en veiligheid te finansier in haar veldtog om president van die ANC en moontlik ook van Suid-Afrika te word, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Die inligting het aan die lig gekom deur ‘n geskrewe parlementêre vraag wat dr. Groenewald aan die minister van polisie, Fikile Mbalula, gerig het oor die koste om dr. Dlamini-Zuma te beskerm. Die minister het vandag geantwoord dat dit sedert 1 November 2016 reeds R797 724,62 beloop.

Die minister wou geen nadere inligting bekend maak nie aangesien dit volgens hom “beskermde sekuriteitsinligting kan openbaar”.

Dr. Groenewald sê die publiek moet daarvan kennis neem dat dr. Dlamini-Zuma nou reeds hul geld op die soustrein vermors selfs al beklee sy geen amp hoegenaamd in Suid-Afrika nie.

“Indien iemand haar gedreig het, moes ‘n klag by die polisie aanhangig gemaak gewees het. Sover bekend is dit nie gedoen nie. Die minister het tewens self gesê die beskerming is bloot gegee aan die hand van ‘n ‘risiko ontleding’ van die staatsveiligheidsagentskap en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid.

“Dit is dus duidelik dat hierdie presidensiële beskerming wat Dlamini-Zuma kry ‘n misbruik van staatsgeld is om haar met haar verkiesingsveldtog te help.

“Weens die hoë misdaadvlakke in die land voel elke Suid-Afrikaner waarskynlik bedreig en die publiek bestee jaarliks miljoene om hul eie veiligheid te verseker. Niemand voel sekerlik met reg meer bedreig as die boere van die land nie, maar vir hulle is daar geen spesiale BBP-beskerming nie.

“Die ANC moet daarvan kennis neem dat dinge soos hierdie nie ongesiens by die publiek verbygaan nie. Hulle is moeg vir vermorsing en korrupsie,” sê dr. Groenewald.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.