Die hoogs omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) se proses is gister met minstens twee weke verleng.
Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se staande komitee vir onderwys moes gister die teks finaliseer wat die raad sou oorweeg. Daar is egter nog veranderings aangebring én die taak is nie voltooi nie. Die komitee beplan om dit op 2 Mei af te handel.
Aangesien die teks wat provinsies reeds goedgekeur het deur die komitee gewysig is, moet dit nou na provinsiale wetgewers teruggaan vir goedkeuring. Eers daarná kan die NRP die wetsontwerp oorweeg.
Die Nasionale Vergadering (NV) het Bela voor die huidige wysigings aanvaar. Daarom moet die teks wat die NRP aanvaar na die NV terugverwys word voor die president dit kan teken.
Intussen kom 29 Mei elke dag nader. ‘n Nuwe parlement mag die kans kry om ʼn beter wetsontwerp te oorweeg.


