Bejaarde inwoners van die Sonhof-munisipale woonstelblok in Vereeniging se gesondheid verswak omdat die Emfuleni-munisipaliteit nie gereeld die vullis verwyder nie en jare laas onderhoudswerk aan die gebou gedoen het.
Die meerderheid van bejaardes wat in Sonhof woon, ontvang ‘n karige pensioen en word gedwing om hul eie geld te gebruik om noodsaaklike herstelwerk te doen, veral as daar ‘n water- of rioolpyp bars.
Bejaardes met longkwale se gesondheid word verder in gevaar gestel deur die muwwerige woonstelmure en vullis wat noodgedwonge aan die brand gesteek moet word omdat dit nie verwyder word nie. Daar is ook woonstelle waarvan die geisers vier jaar gelede gebreek het en nog nooit herstel is nie.
Die Emfuleni-stadsraad het ‘n plig om na sy bejaardes om te sien, veral diegene wat slegs ‘n staatspensioen ontvang.
Dit is ‘n skande dat die munisipaliteit die woonstelgebou nie onderhou nie.
Die VF Plus sal aanhou druk op die munisipaliteit uitoefen om te verseker dat bejaardes in die skaduwee van hul lewens met waardigheid behandel word.
Kontaknommer: 083 263 9590