fbpx
Vryheidsfront Plus

Bankrot munisipaliteit R3.7 miljoen kwyt weens slenter – Masilonyana plaaslike munisipaliteit

Die bankrot Masilonyana-plaaslike munisipaliteit, wat Theunissen, Verkeerdevlei, Brandfort en Winburg insluit, is R3.7 miljoen kwyt weens ‘n slenter waarvolgens ‘n betaling op grond van ‘n vervalste Eskomrekening gemaak is, het Koos Pienaar, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit gesê.

Volgens Pienaar het die rekening glo op die oog af normaal gelyk, maar eers na Eskom navraag gedoen het oor wanbetaling van hul rekening het dit aan die lig gekom dat die e-posadres waarvan die rekening gestuur is, sowel as die bankbesonderhede op die rekening verskil van die van Eskom.

“Die VF Plus beskou dit as betreurenswaardig dat daar nie meer omsigtigheid aan die dag gelê word wanneer dit kom by die betaling van groot bedrae geld aan verskaffers nie. Dit is belangrik dat alle regeringsinstellings meganismes en stelsels in plek stel om rekeningbesonderhede te bevestig en internetbedrog te voorkom.

“Die munisipaliteit kan kwalik bekostig om sy huidige rekeninge met die fondse tot sy beskikking te betaal. ‘n Verlies van R3.7 miljoen is ‘n groot slag vir die mense van Masilonyana en die munisipaliteit se nalatigheid word ten sterkste veroordeel,” het Pienaar gesê.

Die voorval is by die polisie aangemeld.

Kontakbesonderhede: 083 272 8664 / 082 674 6670

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.