fbpx
Vryheidsfront Plus

Aspirant-metro in Noordwes begroot slegs R79 000 vir herstel van strate en paaie

Die VF Plus in die ANC-beheerde Rustenburgse-plaaslike munisipaliteit (Rustenburg en Marikana), het teen die aanvaarding van ʼn onbefondsde jaarlikse begroting gestem.

Die party het uitgewys dat die aanvaarding van onbefondsde begrotings deur munisipaliteite onwettig is.

Die party het ook uitgewys dat die begrotingsprioriteite in die begroting van R8 miljard, geensins die werklike behoeftes van die gemeenskap weerspieël nie.

Só word daar byvoorbeeld minder as 3% (R214 miljoen), van die begroting toegewys vir die herstel en onderhoud van infrastruktuur.

Hiervan word slegs R79 000 vir die herstel van strate en paaie opsygesit. Net sowat veertig van die honderde slaggate in hierdie reuse munisipale gebied sal met dié bedrag herstel kan word.

Dít in ʼn munisipaliteit waar die pad- en straatinfrastruktuur hand oor hand verval weens ʼn jarelange gebrek aan onderhoud.

Boere, plaaslike ondernemings en gemeenskapsorganisasies word reeds telkens gedwing om self herstelwerk en onderhoud aan strate en paaie te doen.

Die groot ironie in hierdie stand van sake is dat die munisipaliteit aspirasies het om uit te brei en as ʼn metro verklaar te word.

Die munisipale raad het in April vanjaar só ʼn besluit geneem met die steun van die meerderheid partye in die raad. Die VF Plus was die enigste party wat dit weens voor die hand liggende redes wat nou weer belig word, teengestaan het.

In ʼn verdere onbedoelde ironie word daar nou gestalte gegee aan die munisipaliteit se nuwe credo, “ My City, my resonsibility” waar dit eens, “RLM -a world class city” was.

Die ontvouende situasie bewys weer dat die ANC totaal sy greep op die werklikheid verloor het.

Die inwoners van Rustenburg en Marikana verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.