Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Bela Bela: Begrotingsformaat voldoen nie aan wetlike vereistes

Die VF Plus het die aanvaarding van die 2023/24-begroting van die Bela Bela-plaaslike munisipaliteit tydens ʼn spesiale raadsvergadering op Dinsdag, 30 Mei 2023, nie gesteun nie.

Die goedgekeurde begroting het nie antwoorde verskaf of aan wetgewende vereistes voldoen ingevolge die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) nie.

Die VF Plus was weereens die enigste party wat versoek het dat die raad kennis neem van sy beswaar teen die goedkeuring van die begroting.

Die party het ook uitgewys dat die finansiële dokumentasie nie oor die nodige tabelle, kaarte en verklarende inligting bevat nie.

Die munisipale begrotings- en verslagdoeningsregulasies van die MFMA bepaal dat die jaarlikse begroting en ondersteunende dokumentasie van ‘n munisipaliteit in ʼn gespesifiseerde formaat moet wees.

Tydens ’n openbare vergadering wat deel uitmaak van die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP), het die burgemeester, me. Gloria Seleka, die begroting ter tafel gelê en het inwoners en sake-eienaars van wyk 1 hul insette gelewer.

Die wyk 1-komitee het tydens dié GOP-vergadering ook beswaar aangeteken teen die aanvaarding van die begroting soos voorgehou aangesien dit nie aan die wetlike vereistes voldoen nie.

Dit wil voorkom asof inwoners se insette blatant geïgnoreer is wat glad nie deursigtigheid bevorder soos deur plaaslike regeringswetgewing beoog word nie.

Die gevolge vir die nié-nakoming van die wetlik voorgeskrewe prosedures vir die aanvaarding van ʼn nuwe begroting moet duidelik uiteengesit en nagekom word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.