fbpx
Vryheidsfront Plus

Arm woonbuurte in George het ook dringend hulp nodig ná vloede

Die VF Plus het tydens ʼn sitting van die George-plaaslike munisipaliteit ʼn beroep op die uitvoerende burgemeester, Leon van Wyk, gedoen om ook dringend aandag te skenk aan die lot van armer woonbuurte in dié munisipaliteit ná verwoestende storms die gebied aan die einde van September getref het.

Die party het ná die stormskade oorsigbesoeke gebring aan Borchards, Maraiskamp en Conville en het eerstehands die haglike situasies gesien waaronder die armstes van die armes in George probeer oorleef.

Huise was omring deur, water het gevloei deur huise en gesypel deur mure en beddens het in poele water gestaan met nat beddegoed waaronder inwoners saans moes inkruip.

Daar is ook huise wat die munisipaliteit aan inwoners verskaf het wat op die punt staan om ineen te stort en met dwarspale gestut is.

Een van die huise word bewoon deur ʼn bejaarde egpaar wat geen ander heenkome het nie.

Vanweë die waterskade is dit ook lewensgevaarlik om die krag aan te skakel.

Die situasie in die gebiede het intussen nie veel verbeter nie vanweë die konstante reën.

Die VF Plus doen ʼn beroep op die munisipaliteit om hande te vat met die gemeenskappe om ʼn groter humanitêre krisis te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.