Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC verloor R285 miljoen se toelae in Mangaung

.

Die ouditeur-generaal (OG) het bevind dat die Mangaung-metro R285 miljoen in voorwaardelike toelae nie bestee het nie wat ‘n direkte gevolg is van die ANC se onbevoegdheid en gebrek aan bestuursvermoë.

Hierdie fondse was beskikbaar en kon gebruik word om waterverliese te verminder, paaie te herstel, stormwaterstelsels op te knap, vullisverwydering te verbeter en kritieke infrastruktuur te herstel.

Terwyl inwoners sonder betroubare water, elektrisiteit, veilige paaie en gereelde vullisverwydering sit, wys die OG-verslag dat slegs 50% van diensleweringsteikens bereik is, terwyl meer as 113% van die volle begroting bestee is.

Dit is nie ’n tekort aan geld nie, maar ’n tekort aan bekwaamheid, dissipline en politieke wil. Die onbestede R285 miljoen kon verligting gebring het vir Centlec se verouderde netwerk wat sukkel met kragonderbrekings en instandhoudingsagterstande wat ʼn onregverdige las op inwoners en ondernemings plaas.

’n Regering wat nie geoormerkte fondse kan aanwend nie, kan eenvoudig nie vertrou word om ’n stad te bestuur nie.

Mangaung se krisis is die direkte gevolg van jare se ANC-wanbestuur.

Mangaung se inwoners het nie nóg planne en verskonings nodig nie, maar leierskap wat dienslewering eerste stel en belastingbetalers se geld verantwoordelik bestuur.

Die VF Plus is gereed om daardie verandering te bring.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.