fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC beskou Afrikaans steeds as ‘n hindernis in toegang tot hoër onderwys

Die ANC beskou Afrikaans steeds as ‘n hindernis in die toegang tot hoër onderwys blyk dit uit ‘n antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus aan die adjunkminister vir hoër onderwys, mnr. Buti Manamela.

Die vraag was egter watter maatreëls die regering reeds getref het om ander inheemse tale te bemagtig, eerder as om Afrikaans van sy funksies te stroop. In dié verband het Manamela gestel dat ander inheemse tale in die vorige bedeling sistematies benadeel is ten gunste van Afrikaans.

Hy het ook verwys na 'n projek aan die Noordwes Universiteit om alle amptelike tale te digitaliseer en om UniZulu wat Zulu as bykomende taal van onderrig gebruik.

Uit die antwoord blyk dit dat Manamela onbewus is van die Sentrum vir die Ontwikkeling van Sesotho aan die Universiteit van die Vrystaat wat in 2009 gesluit is. Hierdie sentrum se uitsluitlike doel was om Sesotho vir gebruik op hoër onderwysvlak te ontwikkel.

Tien jaar na die sluiting van hierdie sentrum, het die Universiteit van die Vrystaat eentalig Engels geword (met die uitsondering van enkele kursusse), sogenaamd ter wille van toeganklikheid.

Die implikasie van Manamela se antwoord is dat alle ander tale as hindernis tot toegang tot hoër onderwys beskou word, maar nie Engels nie.

Die VF Plus respekteer en waardeer die waarde van Engels as akademiese taal. Die punt is egter dat toegang tot hoër onderwys juis deur moedertale moet geskied en dat meer tale tot daardie vlak ontwikkel moet word, nie minder nie.

Manamela het bevestig dat die ANC slegs lippediens aan meertaligheid verrig, terwyl Engels ten koste van ander amptelike tale bevoordeel word.

Kontaknommer: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.