fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC trap Joodse gemeenskap van Suid-Afrika in die gesig met omarming van Hamas

Die VF Plus wil namens alle regdenkende mense in Suid-Afrika die Joodse gemeenskap om verskoning vra vir die skokkende wyse waarop die terreuraanvalle op onskuldige burgers van Israel op 7 Oktober tot nou deur die ANC-regering hanteer is.

Die teenwoordigheid van drie prominente Hamas-leiers in Suid-Afrika onder die voorwendsel dat hulle ʼn “internasionale beraad oor solidariteit met die Palestyne bywoon” is ʼn verdere bewys hiervan.

Dit is tragies dat hulle na bewering na Suid-Afrika genooi is deur ʼn vooraanstaande ANC-lid van die parlement – Mandla Mandela, die kleinseun van wyle pres. Nelson Mandela.

Pres. Mandela sou nooit ten gunste gewees het van die moord en verkragting van onskuldige vroue, kinders en bejaardes nie.

Hierdie vrywillige assosiasie deur die ANC met Hamas word brutaal gedruk in die gesigte van die Joodse gemeenskap en elke regdenkende burger van Suid-Afrika, juis tydens die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld teen vroue en kinders.

Die ANC wat Suid-Afrika tans regeer, is gestroop van alle moraliteit en hy het sy morele kompas in totaliteit verloor. Regdenkende kiesers moet dit onthou en sal hiermee moet handel tydens die komende algemene verkiesing van 2024.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.