fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

ANC skiet homself in voet deur Verenigde Nasies te kritiseer oor VF Plus se spreekbeurt

Die VF Plus se doelwit om op sy besoek aan die Verenigde Nasies (VN) se Menseregtekommissie-Forum die wêreld eerstehands in te lig oor probleme wat minderhede in Suid-Afrika ondervind, was tot dusver uiters suksesvol, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Benewens die voorlegging van vier brandende kwessies – plaasaanvalle, grondhervorming, regstellende aksie (RA) en Afrikaans aan die Forum, is volledige dokumente oor hierdie aangeleenthede ook aan verteenwoordiges van verskeie lande gegee om na hul regerings terug te dra.

Van die lande is Amerika, Brittanje, Spanje, Frankryk, België, Kanada en Nieu-Seeland.

Dr. Mulder sê die voorval waarin ‘n Suid-Afrikaanse diplomaat betrokke was toe sy die VN in haar spreekbeurt gekritiseer het omdat hy die VF Plus ‘n spreekbeurt gegun het, kan ook die wenkbroue by dié organisasie laat lig.

“Daar moet onthou word dat die tema vanjaar juis ‘Preventing and addressing violence and atrocities targeted against minorities’ was, en ons het teen die agtergrond ons saak daar gaan stel. Dan val ‘n Suid-Afrikaanse diplomaat die VN aan omdat hy lede van ‘n minderheidsgroep ‘n spreekbeurt gee.

“Die Suid-Afrikaanse regering se geïrriteerde reaksie beteken ons feite kan nie weerlê word nie en dat dit reg en nodig was om hier te wees en dit aan die internasionale wêreld te stel. Daarom sal VF Plus voortgaan om in Suid-Afrika, maar ook in die buiteland, hierdie feite op die tafel te plaas, presies soos die ANC tydens hulle stryd teen apartheid gedoen het.

“Uit gesprekke met mense van ander lande is dit ook duidelik dat die ANC-regering internasionaal nie meer die beskermde aura van ‘n Nelson Mandela geniet nie en dit raak duidelik dat skeptisisme jeens Suid-Afrika toeneem. Mense vra byvoorbeeld hoe veilig is dit nog in Suid-Afrika,” sê dr. Mulder.

Op die tweede been van die VF Plus se buitelandse besoek gaan dr. Mulder ook vandag en more (27 en 28 November) in Genève die dagbestuur (Presidensie-bestuur) van die Unrepresented Nations and Peoples Organization (UNPO) bywoon en hulle op hoogte bring met verwikkelinge in Suid-Afrika.

Hy gaan ook die presidensie van UNPO ontmoet ter voorbereiding van UNPO se algemene raad in Mei 2015 in Brussel ten einde wisselwerking te verseker met die Europese Unie-parlement.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.