fbpx
Vryheidsfront Plus

EFF het skuld aan wanorde in parlement, maar pres. Zuma het self die voorbeeld van disrespek neergelê

Die VF Plus steun nie onvoorwaardelik die aanbevelings van die parlementêre Komitee oor Bevoegdhede en Voorregte oor die wanordelike gedrag van verskeie EFF-lede in die parlement nie aangesien hy van mening is dat die ANC sy mag misbruik om ‘n magsvertoon teen die EFF te lewer hoewel die EFF verkeerd opgetree, sê dr. Pieter Groenewald, parlementêre leier van die VF Plus.

Waar die komitee aanbeveel dat die oortredersse salarisse met onderskeidelik ‘n maand in sommige gevalle en veertien dae vir ander weerhou word, het dr. Groenewald voorgestel dat dié straf gehalveer word aangesien pres. Jacob Zuma ‘self die voorbeeld van disrespek’ teenoor die parlement gestel het.

Hy sê die huidige probleem het sy aanloop gehad toe die woordjie respek uit die parlement verdwyn het, en daarvoor moet pres. Zuma die skuld dra..

“‘n Afrikaanse gesegde lui jy sal maai wat jy saai. Die huidige probleme het reeds in September 2012 begin toe pres. Zuma in hierdie huis opgestaan het en gesê het die ANC het meer regte hier omdat hy in die meerderheid is en die opposisie minder omdat hy die minderheid is.

“Die voorbeeld word dus gestel deur die president. Gister het hy voor die ANC se jeugliga gesê die ANC is die leier in die samelewing. Selfs diegene wat die opposisie genoem word, moet deur die ANC gelei word.

“Sulke uitlatings slaan duidelik op ‘n gebrek aan respek vir die parlement. Die VF Plus wil dit duidelik stel dat alle lede respek vir mekaar moet hê en aan die reëls moet voldoen. Daar kan selfs oorweeg word om ‘n baniere in al elf amptelike tale in die nasionale vergadersaal aan
te bring waarop die woord ‘respek’ geskrywe is.

“Parlementslede kan net respek vir kiesers en die parlement hê indien hulle respek vir hulself het. Die EFF is wel uitgelok, maar dit is verkeerd wat hy gedoen het. Daar kan nie so opgetree word in die parlement nie,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.