fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC sit pos mis dat vuil steenkool Mpumalanga se juweel is

Dit is tyd dat die ANC sy energiehoop van 'n besoedelende en prehistoriese energiebron verskuif na 'n skoon alternatiewe bron soos sonkrag.

Die opmerking van die ANC-hoofsweep in Mpumalanga se wetgewer, Vincent Mlombo, tydens die provinsiale openingsrede-debat, dat "steenkool die provinsie se juweel is", is verregaande indien in ag geneem word dat steenkoolontginning teen 'n ongekende koste kom.

Steenkoolmyne is trouens die mees besoedelende wyse om elektrisiteit te produseer. Wanneer steenkool opgegrawe en later in kragstasies verbrand word, stel dit groot hoeveelhede besoedelende stowwe vry wat inwoners se gesondheid aantas en bydra tot die verskerping van klimaatsverandering.

Saam met die toevoeging van kweekhuisgasbesoedeling, laat verbranding van steenkool giftige en kankerverwekkende stowwe vry in die lug, water en grond wat die gesondheid van mynwerkers en mense in omliggende gemeenskappe ernstig beïnvloed.

Mlombo weerspreek ook die ANC-premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, aangesien sy herhaaldelik beloftes maak van 'n groener Mpumalanga. Mtsweni-Tsipane het inteendeel reeds die "Mpumalanga-Groen-Ekonomiese Ontwikkelingsplan" geloods wat stadig sal wegbeweeg van die besoedelende steenkoolmyne.

Die vraag wat onbeantwoord bly, is waarom sekere ANC-amptenare steeds aan steenkool as energiebron vasklou as omgewings- en ekonomiese faktore daarteenoor staan.

Die VF Plus sal aanhou veg vir ‘n gesonder omgewing en vir die uitbreiding van hernubare energiebronne.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.