Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC se onbevoegdheid om diens te lewer skep teelaarde vir EFF-opportunisme om grond by Pretoria te laat beset

Die EFF wat mense buite Pretoria aanmoedig om wederegtelik grond te beset, is besig met ‘n speletjie om politieke punte aan te teken en gebruik op opportunistiese wyse die teelaarde wat die ANC met sy gebrek aan dienslewering skep, vir hierdie doel, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Adv. Alberts sê hy het die afgelope week plakkergebiede in Gauteng besoek waar hy met wit en swart plakkers oor hul probleme gepraat het en dit is duidelik dat almal ‘n gemeenskaplike probleem het naamlik die ANC-regering se leë beloftes en swak dienslewering.

“Van die gemeenskapsleiers en mense hier sê hulle wag al sedert 1994 vir hul beloofde blyplekke. Daar is baie groot ongelukkigheid onder die mense en die EFF misbruik die situasie wat die ANC oor jare geskep het met sy onbevoegdheid en swak bestuur wat veroorsaak is deur regstellende aksie (RA).

“Al hoe dié situasie omgekeer kan word, is om onmiddellik te begin om die onbevoegde staatsdiens te her-transformeer met aanstellings op grond van meriete. Wit en swart armoede sal behandel moet word soos wat die Grondwet vereis.

“Indien dit nie gebeur nie, kan die situasie hand uit ruk en kan besettings soos ‘n veldbrand versprei. Die vraag is nie of dit gaan gebeur nie, maar wanneer.

“Met die opswepery van die EFF en die ongelukkigheid en armoede wat heers, sal mense al hoe meer die reg in eie hande neem. Dit skep perfekte teelaarde vir opportuniste soos die EFF. Die ANC sal vinnig moet wakker skrik,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.