fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering se besluit om grensposte te sluit, los nie probleme op nie

Die regering se besluit om bloot die land se grensposte te sluit, bied geen oplossing vir die krisis wat die regering self geskep het nie.

Die departement van binnelandse sake se swak hantering van die situasie by van die land se grense met buurlande gedurende die feestydperk, waar motors in kilometerlange konvooie opgehoop het en waar talle mense aan hitte-uitputting gesterf het, dui op die totale onvermoë van die departement om aan sy mandaat te voldoen.

Die departement was nie gereed vir die situasie nie, wetend dat die grensposte wat normaalweg druk besig is, verder onder druk geplaas word met talle mense wat gedurende die feestydperk die grense oorsteek.

Geen wysigings is aangebring aan burokratiese rompslomp wat agterstande veroorsaak, geen opskerping van effektiwiteit, geen aanbring van waterpunte, mobiele sanitêre geriewe of mediese ondersteuning nie, terwyl die weermag en polisie die strande patrolleer.

Suid-Afrika kan wel nie bekostig om buurlande se burgers wat weens streng inperkings in hul eie lande na Suid-Afrika kom, te huisves nie.

Die sluiting van grense spreek egter nie die swak grensbeheer en poreuse grense aan nie.

Die VF Plus verwelkom die besoek van die portefeuljekomitee die week aan die Beitbrug- en Lebombo-grensposte en dring daarop aan dat die komitee die minister, Aaron Motsoaledi, en die departement tot verantwoording roep oor die chaos.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.