Die ANC-regering het geoorreageer met die onttrekking van Suid-Afrika se ambassadeur aan Israel en met hierdie optrede het hy reeds kant gekies wat betref die konflik tussen Israel en die Palestyne.
Daar is altyd twee kante aan ‘n voorval en Israel moes nie blindelings veroordeel word sonder dat die Suid-Afrikaanse regering die feite van albei kante gehoor het nie.
Waar Suid-Afrika moontlik nog ‘n versoenende rol kon speel om ‘n oplossing te help vind vir die Israel/Palestynse-kwessie, het hy dit nou met hierdie optrede totaal vernietig.
Indien die Suid-Afrikaanse regering werklik ‘n bydrae wil lewer, moet hy sy ambassadeur in Israel hou om volledig op hoogte te bly sodat ingeligte besluite op grond hiervan geneem kan word.
Die soewereiniteit van Israel en sy reg om homself te verdedig moet ook erken word soos met enige ander land in die wêreld. Die ANC moenie toelaat dat sy historiese verlede sy objektiwiteit oor gebeure beïnvloed nie.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216