fbpx
Vryheidsfront Plus

n Tweede vragmotor slaan om in Krugersdorp

Die VF Plus het met skok verneem van ‘n tweede vragmotorongeluk by die Pine Haven-kruising in Krugersdorp in net twee dae.

Dit volg op die insident by dieselfde kruising gisteroggend waar 'n vragmotor se remme gefaal en in voertuie ingeploeg het. Een van die voertuie was 'n Schwepps-koeldranktrok waarna die trok in die middel van die kruising tot stilstand gekom het.

'n VF Plus-afvaardiging het ‘n paar maande gelede 'n dringende vergadering met mnr. Ishmael Vadi, Gautengse LUR vir vervoer, gehad om die kwessie van die beoogde oorbrug by die N14/Pine Haven-kruising te bespreek. Mnr. Vadi het beaam dat die kwessie uiters dringend is, maar dat regsprosesse weens ongerymdhede met die tenderproses die projek knou.

Onopgeloste administratiewe kwessies regverdig nie moontlike lewensverliese nie en die VF Plus hou die owerhede aanspreeklik vir die hoë ongeluksyfer in die betrokke kruising.

Volgens Amanda de Lange, VF Plus-raadslid wat op die toneel was, is dit ‘n wonderwerk dat nie een van die mense wat in die ongeluk betrokke was, met hulle lewens geboet het nie.

Die 'super-link' trok wat vanoggend by die Krugersdorp-Wes / Magaliespad op Rustenburgweg omgeslaan het, laat ook die vraag ontstaan rondom die spoedbeheer van swaarvoertuie. Die vragmotor wat koeldrank vervoer het, het om die draai beheer verloor en omgeslaan. Dit is net genade dat daar nie ander verkeer in die insident betrokke was nie aangesien die trok in die aankomende verkeer se baan gelê het.

Die hoeveelheid swaarvoertuig ongelukke in die Mogale City-omgewing het drasties toegeneem. Magaliesburg is vir jare reeds 'n brandpunt oor die hoeveelheid swaarvoertuie wat daar in ongelukke betrokke is.

Verkeer- en spoedbeheermaatreëls moet drasties opgeskerp en toegepas word.

Die Magaliesburg/Krugersdorp-paaie is 'n hoofweg vir swaarvoertuie na Noordwes-provinsie en Botswana. Paaie op hierdie roete is nie ontwerp om soveel verkeer te dra nie.

Die situasie sal uiters dringend deur Gautrans (Gautengse departement van paaie en vervoer) en Plaaslike Owerhede aangespreek moet word.

Kontakbesonderhede : 071 604 9498

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.