fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering moet begin om fout vir swak ekonomie en werkloosheid by homself te soek

‘n Gesonde jong bevolkingsbasis wat vir enige land baie voordelig kan wees rakende ekonomiese groei, het weens werkloosheid in Suid-Afrika net die teenoorgestelde effek en kan selfs tot grootskeepse openbare onrus en politieke onstabiliteit lei, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Adv. Alberts het vandag in die parlementêre debat oor die regering se gebrek om die lewe van jong Suid-Afrikaners te verbeter deur werkskepping, onderwys en opleiding, gesê die groot probleem is dat die regering weier om te erken dat sy ekonomiese beleid ‘n mislukking is wat miljoene jeugdiges van alle rasse gerelegeer het tot ‘n bestaan van werkloosheid, wanhoop en frustrasie.

“Vra ‘n mens die regering waarom hierdie situasie bestaan, is hulle vinnig om te antwoord dit word veroorsaak deur eksterne faktore. Die fout lê altyd by die internasionale ekonomie en wit monopolie-kapitaal.

“Ek het nog nie een keer van ’n ANC-minister of direkteur-generaal gehoor dat hul eie beleid tekortkominge het nie. Wanneer ons die betrokke ministers en hulle departemente uitvra oor interne tekortkominge, word eenvoudig ontken dat daar foute is.

“Dis altyd die internasionale ekonomie, interne mark-foutlyne en wit ekonomiese kapitaal wat die skuld kry en dit verdien dan ’n verskerpte weergawe van bestaande ekonomiese beleid.

“Dit is wel gedeeltelik waar dat daar probleme is in die internasionale ekonomiese sfeer en in die interne mark, maar dit gee die ANC nie ’n vrypas om homself te vrywaar teen geldige kritiek nie.

“Daar is verskeie bewyse oor hoe die regering die jeug gefaal het:

“Die grootste rede waarom daar tans nie hoop is vir die jongmense van Suid-Afrika nie, is sonder twyfel te vind in die ANC se swak ekonomiese beleid en sy onvermoë om foute erken en die nodige aanpassings te maak.

“Die situasie sal nie verander totdat die ANC vervang word deur ’n toekomstige koalisieregering nie. Daardie proses het alreeds in verskeie stede begin en sal voortgesit word tydens die 2019-verkiesing,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.