fbpx
Vryheidsfront Plus

Ramotshere Moiloa-raadslede (Zeerust) se uitstaande dienstegelde beloop amper ‘n kwartmiljoen

“Volgens ‘n verslag in die besit van die Vryheidsfront Plus is vier van die Ramotshere Moiloa-munisipaliteit se raadslede meer as drie maande agterstallig met hulle diensterekeninge. Hiervan is 2 ANC-raadslede en 2 EFF-raadslede.

“Die MMC van finansies, mnr. Rajan, is die meeste agterstallig met ongeveer R200 000.00 (R195 313.83) en naas hom, mnr. Moloantoa, ANC-raadslid met meer as R20 000.00 (R22 118.94). Verder is mnr. Phetwe en me. Sapala van die EFF onderskeidelik met meer as R9 000.00 (R9 167.69) en amper R3000.00 ( R2 702.26) agterstallig.

“Gesamentlik is die uitstaande bedrag amper ‘n kwartmiljoen rand,” sê me. Karlien Venter, VF Plus-raadslid in Ramotshere Moiloa-munisipaliteit.

In terme van die Stelselswet (Wet 32 van 2000) se gedragskode vir raadslede mag raadslede se diensterekeninge nie langer as 90 dae agterstallig wees nie, anders oortree hulle die kode. Die Vryheidsfront Plus gaan die betrokke raadslede amptelik aankla in terme van die gedragskode.

“In 'n sukkelende munisipaliteit waar kiesers nie vir hul dienste betaal nie, is 'n raadslid veronderstel om 'n voorbeeld te stel en nie deel van die probleem te wees nie,” het Venter bygevoeg.

 

Kontaknommers: 073 200 3309/ 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.