fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

ANC neem met oorregulering van voedselhulp-organisasies blaadjie uit Stalin se Holodomor-boek oor verhongering van bevolking

Die ANC se oorregulering van voedselhulp in ‘n land waar meer as ‘n derde van die bevolking werkloos was voor die vernietigende effek van die inperkingsregulasies op die ekonomie, jaag spoke op van Stalin se verhongering van die Oekraïnse bevolking in die jare 1932-32 waarin tussen 2,5 en 7,5 miljoen van honger omgekom het.

Die VF Plus beskou die voorgenome regulering van voedselhulp deur beoogde regulasies van die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, as hoogs problematies en ‘n duidelike bewys dat die ANC-regering nie werklik omgee vir die mense van Suid-Afrika nie.

Dit kan direk daartoe lei dat meer mense van honger kan doodgaan as wat sal sterf weens die gevolge van Covid-19.

Hierdie regulering kom uit die handboek van Stalin en die kommunistiese denke en dit is duidelik dat iemand Stalin se voorskrifte oor die Holodomor-beleid rakende die onderdrukking van ‘n sekere groep mense gelees het. Veral kleinboere of koelakke is met die optrede van Stalin geviktimiseer.

Die VF Plus glo dat enige regulasie wat verhinder dat honger mense kos kry, in stryd met Artikel 11 van die Grondwet sal wees wat die reg op lewe waarborg en dat dit daarom aanvegbaar sal wees.

Enige organisasie wat wel op ‘n verantwoordelike wyse voortgaan daarmee om kos te verskaf aan honger mense, moet daarmee voortgaan aangesien die regering se besluite hieroor in die hof getoets sal word.

Dit is kommerwekkend om te sien hoe die ANC se werkwyse al hoe meer na kommunisme neig deur die sentralisering van elke aspek van die samelewing. Dit is tyd dat die deel van die bevolking wat die meeste hierdeur geraak sal word, soos die hulpbehoewendes, hul stem begin dikmaak teen die ANC.

Die VF Plus sal voortgaan om te veg teen hierdie drakoniese diktatorskap van die ANC en sal alle organisasies steun wat dit deur die hof probeer keer.

Die party sal intussen werk daarvan maak om vas te stel hoeveel mense reeds regoor die land in hospitale opgeneem is weens siektes wat met wanvoeding verband hou om dit te vergelyk met die aantal mense wat Covid-19 opgedoen het en daaraan gesterf het.

Kontaknommer: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.