fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC misbruik raadsvergadering vir politieke propaganda

Die VF Plus maak ten sterkste beswaar teen die wyse waarop die ANC die spesiale raadsvergadering van die Mangaung-metroraad van 26 Maart 2014 vir goedkoop politieke gewin misbruik het. Die vergadering het in die stadsaal en nie in die raadsaal plaasgevind nie. Busse vol mense, baie geklee in ANC-klere en -kleure, het die stadsaal volgemaak. Die burgemeester het ‘n politieke toespraak van ‘n uur lank gemaak met verwysing na die “struggle” en verder hoe goed die ANC-regering is. Verder is politieke beloftes gemaak.

Die saal is versier met, onder meer, bakkievragte vol plante. Groot skerms vir die gehoor en ‘n klankstelsel is gebruik. As die koste van die plante, ander versierings, klanktoerusting, skerms, kameras, busse en so meer in ag geneem word, is dit ‘n baie duur advertensie vir die ANC waarvoor die belastingbetaler moet betaal.

Hierdie blatante misbruik van munisipale geriewe en toerusting en veral die misbruik van die belastingbetaler se geld is onaanvaarbaar en die VF Plus sal hierdie misbruik onder die aandag van die ouditeur-generaal bring. Die ANC moet besef dat hulle met die belastingbetaler se geld werk. Die feit dat geen ander party die geleentheid gebied is om ook hulle ondersteuners met busse te laat aanry nie, wys duidelik dat die ANC die raadsvergadering misbruik het vir politieke gewin. Die burgemeester se toespraak onderstreep verder die feit dat die ANC die spesiale raadsvergadering misbruik het vir politieke propaganda vir die komende verkiesing. Die ANC het ‘n raadsvergadering as ‘n gratis advertensie vir die ANC gebruik. Dit kos die ANC niks, maar die belastingbetaler moet maar betaal.

 

 

ELIZABETH SNYMAN-VAN DEVENTER

082 305 1540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.