fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC minag publiek van Suid-Afrika

Wat die ANC uitdagings noem, is eintlik self-toegediende wonde en stadige selfmoord in totale minagting van die publiek van Suid-Afrika, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

Adv. Alberts sê een voorbeeld is die Gautengse etol-stelsel wat deur die publiek verwerp is. Hy sê dit is duidelik dat geen poging van Sanral die stelsel ooit sal regverdig of padgebruikers sal dwing om te betaal nie.

“Jy kan mense dagvaar, jy kan hulle probeer in hegtenis neem, maar die kaarte bly teen die ANC-regering gestapel, want daar is baie weerstand van binne die parlement, en van buite in die vorm van die dapper organisasie genaamd OUTA. Ons raad is om die stelsel te skrap en die bestaande toltegnologie vir spoed- en verkeersbestuur te gebruik. U sal ten minste die publiek dien deur die paaie veiliger te maak. Wat e-tol betref, aanvaar dat dit dood is.

“Die skade wat dit die land in sy geheel veroorsaak het, is aansienlik, aangesien die regering hierdeur die publiek geleer het om teen belasting en die ANC te rebelleer. Verwag meer hiervan in die toekoms.

“Nog ‘n stelsel wat nie werk nie is AARTO. Die stelsel maak paaie nie veiliger nie. Dit is so gebrekkig dat Fines4U onlangs ‘n hofbevel teen die Padverkeersoortredings-Agentskap (PVOA / RTIA) gekry het.

“Die minister kan gerus daardie uitspraak gaan lees. Dit verduidelik deeglik hoe deurspek van foute die hele stelsel is en waarom niemand ooit ingevolge AARTO aanspreeklik gehou sal kan word nie. Dit kom daarop neer dat bykans elke AARTO-kennisgewing vanaf dag een waarskynlik onwettig en oninvorderbaar is.

“Die effek daarvan is dat al daardie miljarde rande teruggeëis kan word van die staat. Die verdere effek is dat roekelose motoriste nou straffeloos gelaat word en dat ons paaie in Gauteng onveiliger geword het. AARTO is ‘n klaaglike mislukking.

“Wat die Padongeluksfonds aanbetref het ons bewyse dat daar groot wanbestuur in die fonds plaasvind om dit tot so ‘n mate te verswak dat die voorgestelde Padongelukvoordeelskema (POVS) die plek daarvan kan inneem.

“Die huidige stelsel misluk nie omdat dit inherent swak is nie, maar omdat dit veronderstel is om te misluk om die agenda van sekere persone te pas. POVS kan dalk geld spaar, maar dit sal ten koste van die eisers wees. Die belangrikste probleme wat rondom POVS geïdentifiseer is, is die volgende:

“POF moet gelaat word soos dit is. Roei net die ondoeltreffendheid en korrupsie uit en dit sal ‘n regverdige en werkende stelsel wees.

“Die regering kan die advies ignoreer soos hy gewoonlik doen, maar sal eindelik die prys betaal wanneer die publiek gaan opstaan teen hom. Die mense op die grond is nie dom nie, en belangriker nog, hulle is nie meer oningelig nie,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.