fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC los ons pensioenfondse uit

Geluide wat die ANC-regering oor pensioenfondse maak, raak al hoe meer onheilspellend, veral gesien teen die agtergrond van die verwoestingswerk van Transnet se twee fondse, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Hier volg die res van die toespraak wat adv. Alberts vandag in ‘n ledeverklaring oor die onderwerp gemaak het:

“Die ANC se voorsitter in Gauteng, Paul Mashatile, het onlangs die gevaarligte hieroor laat flikker toe hy gesê het die ANC sal met sy volgende algemene raadsvergadering in Oktober vanjaar na maniere kyk om werkers meer te ‘bemagtig’ deur aan te dui hoe en waar hul pensioengeld belê moet word. Volgens Mashatile is dit ‘n poging om Suid-Afrika se ekonomie te transformeer.

Dit is ongelukkig ‘n feit dat die ANC Suid-Afrika die afgelope 21 jaar tot op die rand van ekonomiese ineenstorting ‘getransformeer’ het. Ons ekonomie huiwer tans op die rand van gemors-status en die tendens van entropie kan ‘n mens al lank bespeur.

Wat nou gebeur, het die VF Plus lank reeds voorspel: Die ANC se geld raak op en nou word pensioene geteiken. Transnet se pensioenarisse sukkel juis omdat iemand anders as beleggingskundiges invloed oor hul pensioenfondse uitgeoefen het, naamlik Transnet self.

Dit raak al hoe duideliker die ANC is niks anders nie as 'n Marxistiese organisasie wat deur sluipwetgewing regkry wat Mugabe openlik gedoen het.

Bietjie vir bietjie word eiendomsreg vernietig en vind herverspreiding plaas terwyl die regering eintlik die omgewing behoort te skep vir ekonomiese groei en ontwikkeling.

Die VF Plus sal enige inmenging in Suid-Afrika se pensioenfondse met mening teenstaan en selfs sorg dat daar gelitigeer word indien nodig. Ons sê vir die ANC: los ons pensioensfondse uit!” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.