fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering moet pa staan vir korrupsie

Korrupsie in Suid-Afrika onder die ANC-regering is so endemies en onomkeerbaar dat net ‘n regeringsverandering dit kan regstel, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare administrasie.

Dr. Groenewald het vandag met die parlementêre debat oor korrupsie gesê alhoewel die ANC sê die debat was net ‘n ‘opportunistiese poging van die regering se vyande om hom swart te smeer’, is die bewyse teen die regering oorweldigend.

Hy sê die instituut vir interne ouditeure het bevind dat die staat oor die laaste twintig jaar R700 miljard verloor het weens staatskorrupsie. Dit is nie opportunisme nie, maar ‘n skande, het dr. Groenewald gesê.

“Dit is bykans die helfte van die land se totale begroting wat verloor is weens korrupsie. Die president spog met elke parlementsopening oor wat die regering doen om korrupsie te beveg. Daar is nie minder nie as sewe instellings en sewentien wette wat korrupsie moet beveg en voorkom.

“Die vraag moet dan gevra word hoe daar nieteenstaande al die instellings en wette steeds soveel korrupsie is. Dit is die skande waaroor die regering antwoorde moet gee.

“Die hoof van die spesiale ondersoekeenheid het reeds bevind dat daar jaarliks R30- tot R40 miljard staatsgeld aan korrupsie verlore gaan. Dit is swaar verdiende belastinggeld wat geplunder word weens korrupsie.

“Ondersoeke in die verband word sonder uitsondering deur die regering gekelder. ‘n Voorbeeld is die Valke wat ‘n ondersoek gedoen het wat te naby gekom het aan die eiendom van die president, en toe moes sy hoof, lt.genl. Anwa Dramat, ontslaan word.

“Toe was Dramat skielik nie meer bevoeg om korrupsie te beveg nie en is hy uit die pad gekry met ‘n goue handdruk wat opsigself op korrupsie neerkom, want dit is die belastingbetaler se geld wat gebruik word om ‘n ondersoek te keer.

“Wat die vervolgingsgesag aanbetref is daar talle voorbeeld waar daar skielik ‘n omstredenheid rondom die hoof van ‘n instelling ontstaan sodra ‘n korrupsie-ondersoek die regering nie pas nie. Daar is net een manier om dit reg te stel. Die ANC-regering moet vervang word,” het dr. Groenewald gesê.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.