fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC het nog nie stryd gewen om Artikel 25 van die Grondwet te verander

Die ANC het nog nie die stryd gewen om Artikel 25 van die Grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak nie en die VF Plus doen ‘n beroep op die publiek om nou saam met die party te staan om seker te maak dat dit nie gebeur nie.

Die ANC-meerderheid van die veelparty parlementêre Artikel 25 Ad Hoc-komitee oor onteiening sonder vergoeding het vandag ‘n konsepwet oor die beoogde verandering aanvaar.

Die onderskeie partye het vandag vir die eerste keer gestem oor die voorstelle wat na vore gekom het tydens die afgelope proses.

Dit was insiggewend dat die ANC se voorstelle oor veranderinge slegs deur ANC-lede aanvaar is sonder steun van enige partye, insluitend die EFF.

Dit was ook insiggewend dat die EFF nie een keer selfs ’n sekondant kon kry vir enige van sy voorstelle nie – ook nie van die ANC nie – wat beteken dat die EFF-voorstelle in ’n doodloopstraat beland het.

Dié ooglopende gebrek aan samewerking tussen die ANC en die EFF of enige ander party beteken dat ’n tweederde meerderheid in hierdie stadium onwaarskynlik lyk wanneer die konsepwet in die parlement gedebatteer en daaroor gestem moet word.

Die konsepwet gaan nou in die Staatskoerant gepubliseer word waarna die publiek vir drie weke die geleentheid gaan kry om daarop kommentaar te lewer.

Dit is dus duidelik dat die verandering aan Artikel 25 nog geen uitgemaakte saak is nie, en daarom is dit nou van die allergrootste belang dat die publiek soos een moet opstaan om hul teenkanting saam met die VF Plus te wys.

Die VF Plus het die hele tyd nog voor geloop teen die idee van onteiening sonder vergoeding en sal voortgaan om dit op elke moontlike wyse te beveg.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.