Die VF Plus verwelkom die feit dat oud-president Jacob Zuma homself oorgegee het aan die polisie. Hy het duidelik besef dat hy geen politieke mag meer het nie en sy voorafgaande bravade was bloot ’n rookskerm.
Die vraag is nou of hy sy gevangenisstraf gaan uitdien in ’n gewone gevangenis soos ander misdadigers en of hy enige sieke-toestande gaan voorhou om in ‘n hospitaal aangehou te word.
Die feit dat Zuma homself oorgegee het, is ‘n oorwinning vir die polisie en die regstelsel van Suid-Afrika. Dit beteken egter nie dat diegene wat die Covid-19-regulasies met die saamtrek by Nkandla oortree het, skotvry daarvan kan afkom nie.
Die organiseerders van dié saamtrek moet steeds in hegtenis geneem en vervolg word.