fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

ANC het nie werklik die politieke wil om korrupsie te beveg nie

(Debat in parlement oor korrupsie met Covid-19-tenders)

Die ANC het nog nooit die politieke wil gehad om korrupsie te beveg nie en dit sal moeilik wees om die uitsprake van president Cyril Ramaphosa oor korrupsiebestryding ernstig op te neem sonder daadwerklike optrede en resultate.

Op 21 April vanjaar met die aankondiging van sy R500 miljard-hulppakket, het die president onder meer gesê hy is ‘diep ontsteld en besorgd’ oor verslae van korrupsie tydens Covid-19, in die besonder wat die verspreiding van kospakkies aanbetref.

Hy het later gesê hy sal optree en het stappe aangekondig soos die spesiale ondersoekeenheid (SOE) en die betrokkenheid van die Valke, die nasionale vervolgingsgesag en ander strukture om die skuldiges te vervolg.

Waarom gebeur dit nou eers? Die president self het onlangs gesê die ANC is Beskuldigde Nommer Een wat korrupsie aanbetref.

Waarlik omvangryke korrupsie in Suid-Afrika het in die jare negentig begin met die Wapenskandaal waar miljarde gesteel is.

In Augustus vanjaar met die aankondiging van die kommissie van ses ministers om korrupsie in staatsdepartemente te ondersoek, het die minister van justisie, Ronald Lamola, gesê hulle sal daadwerklik optree aangesien daar die ‘politieke wil’ is om korrupsie te beveg.

Die vraag is weer: Waarom is daar nou eers die politieke wil om teen korrupsie op te tree?

Popo Molefe het voor die Zondo-kommissie getuig hoe hy reeds in 2015 ‘n omvangryke verslag oor korrupsie van miljarde rand in Prasa aan die ANC se leierskap oorhandig het. President Ramaphosa was deel van dié leierskap.

Waar was die politieke wil toe?

Indien die ANC ernstig is oor korrupsie, moet ‘n vervolgingsgerigte eenheid met spesialis-ondersoekers op die been gebring word en die president moet seker maak dié eenheid het genoeg geld en hulpbronne om korrupsie uit te roei.

Gebeur dit nie, sal korrupsie voortduur en almal sal daaronder ly, veral die armste mense in Suid-Afrika.

Navrae: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.