Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC en sy beleid oorsaak van Vrystaat se begrotingsdruk

Solank die ANC die regerende party van die Vrystaat bly, sal daar nie groei in die provinsie wees nie en sal die begrotingsdruk in die provinsie aanhou toeneem.

Dit is duidelik uit die Vrystaatse begroting wat die LUR van finansies, Ketso Makume, vandag ter tafel gelê het.

Weens die nasionale fiskale druk en swak ekonomiese groei bly die Vrystaat se beursie onder druk met ‘n totale begroting van R45 miljard vir die nuwe boekjaar.

Die departement van gesondheid (R14,1 miljard) en onderwys (R18,8 miljard) alleen verteenwoordig meer as 73% van die totale begroting.

Die departement van onderwys se oortrokke gerief vir die afgelope vyf jaar beloop tussen R900 miljoen en R1 miljard. Tesourie het ook aangedui dat die departement in die komende boekjaar weer ‘n salarisbegrotingstekort van R500 miljoen sal ervaar.

Soos gebruiklik word daar ook nie genoeg vir infrastruktuurinstandhouding soos paaie begroot nie. Die persentasie van infrastruktuurbesteding verteenwoordig slegs 11% van die begroting.

Padinstandhouding is vir die provinsie van kardinale belang aangesien landbou, wat die grootste ekonomiese aktiwiteit in die provinsie is, afhanklik is van ‘n betroubare padnetwerk.

Intussen word tenders aan kontrakteurs in die Vrystaat toegeken op grond van die ANC se beleid van swart ekonomiese bemagtiging (SEB), wat die Wêreldbank ook ag as ‘n groot risiko vir ekonomiese groei.

Met die uitsondering van ‘n handjievol ANC-elite, baat niemand in veral die Vrystaat uit die ANC se rasgebaseerde beleidstukke nie.

Die Vrystaat verdien nuwe beleidstukke waarby die mense van die provinsie sal baat vind en nie ANC-tenderpreneurs wat nie die werk kan doen nie en hulself net verryk in die proses.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.