fbpx
Vryheidsfront Plus

Amnestie Internasionaal SA (AISA) soek blaam vir swak onderwys op verkeerde plek

Die humanitêre organisasie Amnestie Internasionaal Suid-Afrika (AISA) het onlangs 'n veldtog teen die swak prestasie van onderwys in Suid-Afrika geloods waarin die publiek gevra word om ‘n petisie te teken. Die idee is goed, maar die skuld word op die verkeerde plek gesoek.

In 'n klaarblyklike poging om die ANC-regering nie met die verdoemende gegewens in die verleentheid te stel nie, is die veldtog geloods met 'n glimlaggende foto van dr. H.F. Verwoerd en die woorde: "If we don't get behind education, we are fulfilling his legacy. Sign the smile off his face and ensure this never happens."

Die VF Plus beskou hierdie as 'n hoogs verdelende en teenproduktiewe veldtog, wat boonop werk met 'n eensydige narratief van die geskiedenis.

Dit is ‘n bedenklike poging om die onvermoë van die ANC-regering te probeer verbloem. Die feit van swak dissipline onder leerkragte self, waarvan sowat 30% gereeld afwesig is, is maar een voorbeeld. Die ontkenning van moedertaal-onderrig en die verlaging van standaarde word verswyg.

Die rede is eenvoudig: In die ANC se stryd om mag was "Liberation before Education" nie net 'n slagspreuk nie, maar 'n praktyk. Pleks dat skole uitgebou en verbeter is, is dit afgebrand. Skoolboikotte was aan die orde van die dag en boonop is geëis: "One pass, all pass".

Watter kritiek ook al teen die onderwysbeleid van 1956 ingebring kan word, die feit is dat die huidige stand van onderwys in Suid-Afrika nie die skuld van Verwoerd is nie, maar van die aard van die ANC se opmars na mag en sy onvermoë om 'n meer opbouende onderwyskultuur onder sy kiesers te vestig.

Kontaknommers: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.