Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Werkloosheid ‘n tikkende tydbom in Suid-Afrika

Die toename in werkloosheid van 27.6% in die eerste kwartaal na 29% in die tweede kwartaal is uiters kommerwekkend, maar hoegenaamd nie ‘n verrassing nie.

Die werkloosheidskoers was in 2008 laas 29% met die hoogste koers nog van 29.3% wat in Maart 2003 gemeet is.

Inaggenome mense wat reeds moed opgegee het om werk te vind, is daar tans na raming 10 miljoen werkloses in Suid-Afrika, te midde van ‘n styging in die bevolking na 58 miljoen mense.

Suid-Afrika sit op ‘n tikkende tydbom wat werkloosheid betref en het ‘n welsynstaat geword met sowat 17 miljoen mense wat van maatskaplike toelaes afhanklik is. Dit is meer as die aantal werkende mense in die land. Dié onvolhoubare situasie is deur die ANC-regering geskep.

Ondeurdagte beleidsrigtings en ‘n totale gebrek aan politieke wil veroorsaak dat al hoe meer mense hul werk verloor en van die staat afhanklik word.

Die privaatsektor word doodgesmoor deur striemende arbeidswetgewing en oormonitering deur die staat. Swart Ekonomiese Bemagtiging, Regstellende Aksie en ander voorskriftelike wetgewing kom neer op staatsinmenging en verhinder die privaatsektor om werkskepping te bevorder.

Die grootste verliese sluit onder meer 44 000 professionele poste en 19 000 huishoudelike werkers in. Dit is nie verbasend nie, aangesien die minimum loon tesame met die verswakte ekonomie dit onbekostigbaar maak vir baie middelklas-huishoudings om werknemers in diens te hou.

Daar is ‘n reuse wanbalans tussen beskikbare vaardighede en die vereistes in die arbeidsmark. Skolastiese en tersiêre opleidingsuitsette voldoen nie meer aan die verlangde vereistes nie, wat potensiële kandidate onaanstelbaar laat. Dit kan vierkantig voor die deur die van die regering gelê word, omdat die algemene standaard van alles tot ‘n onaanvaabare lae vlak gedaal het.

Niks waaraan die ANC-regering die afgelope 25 jaar geraak het, het nie ‘n omkeerstrategie nodig nie. Die werksloosheidsprobleem in Suid-Afrika sal egter nie omgekeer kan word terwyl die ANC in regering is nie.

Kontaknommer: 072 997 8315

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.