fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien drie klagte in by MRK oor dienslewering en besoedeling in Limpopo

Die VF Plus in Limpopo het vandag drie klagte by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien wat verband hou met die besoedeling van waterbronne weens swak dienslewering in Limpopo.

Die gemeenskap van Thabazimbi en Northam vrees vir hul gesondheid en blywende skade aan die plaaslike ekostelsel nadat rou riool by Northam en Thabazimbi in die Bier- en Rooikuilspruit beland het wat die Krokodilrivier voed.

Die twee dorpe gaan ook gebuk onder swak dienslewering en die strate is besaai met vullis. Stortingsterreine word nie volgens wetgewing bestuur nie.

Die derde klag is teen die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit weens die besoedeling van die Nylrivier buite Naboomspruit (Mookgophong) met rioolwater.

Die gemeenskap het die VF Plus genader na vele klagte aan die munisipaliteite van Thabazimbi en Modimolle-Mookgophong waaraan niks gedoen is nie.

Die bewaring van die natuur is van die uiterste belang vir mens en dier en die munisipaliteite moet hul verpligtinge teenoor die gemeenskap nakom deur ‘n behoorlike diens te lewer.

Die besoedeling van waterbronne kan nie toegelaat word nie aangesien water reeds uiters skaars is in dié provinsie. Daar is ‘n waternood regoor Limpopo terwyl die bietjie wat oor is, besoedel word deur swak munisipale bestuur.

Die MRK is versoek om dringend in te gryp om te verhinder dat waardevolle natuurlike waterbronne verlore gaan en oor die wesenlike gevaar wat dit vir menslike gesondheid inhou.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.