Die Gautengse ontwikkelingsprogramme vir landbouers het tot dusver geen vrugte afgewerp het nie. Die regering kan soveel geld as moontlik in die landbousektor stort, maar as opkomende boere nie formele opleiding en ondersteuning van die regering ontvang nie, is hulle gedoem.
Wit boere is meer as gewillig om te help, maar politici strem die proses deur met populistiese uitsprake ‘n wig tussen die verskillende groepe in te dryf.
Buitensporige belastings wat gehef word op bestaans- en opkomende boere in die Midvaal- en Tshwane-gebied, moet ook afgeskaf word.
Korrupsie en onderbesteding in die departement moet met wortel en tak uitgeroei word en partye moet hande neem om opkomende boere te help om ook sukses te bereik.
Kontaknommer: 071 640 7283