fbpx
Vryheidsfront Plus

Begrotingsposdebat in Gautengse wetgewer: Onderwys – Lesufi moet sy oorlog teen skoolgemeenskappe stop

Die immer stygende werkloosheidskoers wat tans op 38% staan en die lae gelettertheidsvlak van leerders wat skole verlaat sonder om behoorlik te kan lees, skryf of tel, laat die kommer toeneem oor die toekoms van Suid-Afrika se kinders.

Leerders verdien, en volgens die VF Plus is daar wel vir hulle ‘n toekoms, indien die ANC-regering se foute en afbrekende beleidsrigting nou reggestel word. Daar kan egter nie ‘n toekoms gebou word solank as wat die stelsel teen sekere gemeenskappe se kinders diskrimineer nie.

Koerante het die gewelddadige voorval by die Hoërskool Overvaal “Lesufi se oorlog” gedoop. Dit is die korrekte benaming aangesien die LUR vir onderwys in Gauteng, mnr. Panyaza Lesufi, die gemoedere daar laat opvlam het wat honderde kinders aan geestelike en liggaamlike leed blootgestel het.

Indien die departement van onderwys op hierdie wyse voortgaan, kan aanvaar word dat hierdie gemeenskappe hulself sal moet verdedig teen strukturele geweld.

Indien ‘n platvorm gevind kan word waar daar samewerking kan wees tot die voordeel van leerders, kan hierdie siklus van geweld gebreek word en ‘n toekoms vir die kinders gebou word.

Die VF Plus glo dit kan bereik word deur die volgende te implementeer:

• Behandel alle amptelike tale met respek en verseker en beskerm moedertaalonderrig in die vier grootste tale in Gauteng.
• Bou meer skole en gebruik leegstaande infrastruktuur deur die begroting opwaarts aan te pas vanaf R1,9 miljard. Die onderwyskomitee van die Gautengse wetgewer is met reg bekommerd oor die departement se onvermoë om sy Infrastruktuur-ontwikkelingsbegroting sinvol aan te wend.
• Waarborg die veiligheid en behoud van bestaande infrastruktuur.

Moedertaalonderrig is volgens die departement die beste taal vir onderrig, maar om taalblokke vir verskillende tale te implementeer in dieselfde skole gaan nie werk nie. Dit sal onbetaalbaar duur wees en die dominante taal sal eenvoudig die ander tale verswelg.

Indien die LUR en sy departement bereid is om na die VF Plus se voorstelle te luister, is daar maniere om kwaliteitonderrig aan alle gemeenskappe te bied.

Net die LUR kan hierdie oorlog beëindig deur na alle gemeenskappe te luister.

Kontaknommer: 082 391 3117

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.