fbpx
Vryheidsfront Plus

Alles moontlik moet gedoen word om Valke-speurder se moordenaars te vang

Die VF Plus spreek sy innige meegevoel uit met die naasbestaandes van lt.-kol. Leroy Bruwer van die Valke wat vandeesweek in 'n lokval-sluipmoord doodgeskiet is en dring daarop aan dat alles moontlik gedoen sal word om sy moordenaars aan te keer.

Lt.kol. Bruwer was 'n uitstaande offisier en het verskeie hoë prioriteit-sake ondersoek insluitend kontant-in-transito-rooftogte, georganiseerde misdaad en renosterstroop-sindikate.

Die moord het die gemeenskap van Nelspruit geskok aangesien baie inwoners nou eers besef tot watter uiterstes georganiseerde misdaadsindikate sal gaan om vervolging vry te spring.

Die VF Plus is van mening dat die nasionale minister van polisie, Bheki Cele, en die provinsiale polisiekommissaris lt.-genl. Bethuel Zuma, onmiddellik moet toesien dat prioriteitsmisdade wat deur lt.-kol. Bruwer ondersoek is, deur polisielede van buite die provinsie oorgeneem moet word.

Dit sal die risiko van verdere intimidasie van polisielede en selfs verdere moordaanslae, verminder. Die skuldiges van hierdie moord moet tereg gebring word en die swaarste vonnisse moontlik moet aan hulle opgelê word.

Kontaknommer: 084 652 9164

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.