fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Afname in sekere misdade in Gauteng is bemoedigend, maar die polisie moet fokus op toename in voertuigkapings en transito-rooftogte

Die VF Plus vind die afname in sekere soorte misdaad in Gauteng bemoedigend, maar wil by die Gautengse provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, weet wat sy planne is om die toename in voertuigkapings en transito-rooftogte te bekamp.

Die jongste misdaadstatistiek vir die derde kwartaal van 2020 wat onlangs bekend gemaak is, toon dat motorkapings met 5%, swaarvoertuigkapings met 52% en transito-rooftogte met 107,7% in Gauteng toegeneem het teenoor die vorige kwartaal.

Die afname in moord, aanranding en seksuele oortredings word toegeskryf aan die Covid-19-inperking en die beperking op die verkoop van alkohol. Die VF Plus glo egter dat groter sigbare polisiëring ook ‘n rol gespeel het in die afname van kontakmisdade.

Die VF Plus is van mening dat indien die polisie in Gauteng voortbou op groter sigbaarheid, behoorlike opleiding van lede, die beskikbaarheid van voertuie, ammunisie en vuurwapens, die misdaadsyfer in die provinsie verder kan daal.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.