Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

AbaQulusi-munisipaliteit se 2026/2027-begroting toon munisipaliteit onder finansiële druk met geen omkeerplan

Die AbaQulusi-plaaslike munisipaliteit (Louwsburg, Vryheid) se begroting vir die 2026/27-finansiële jaar aanduidend van ’n munisipaliteit wat onder erge finansiële druk verkeer en ’n IVP-regering wat geen werkbare omkeerplan het nie.

Die begroting is tydens die raadsvergadering sonder voldoende debat of dokumentasie aanvaar. Raadslede is nie genoeg tyd gegun om die dokumente te bestudeer en ’n ingeligte besluit te neem nie.

Die aanbeveling om R172,4 miljoen se ongemagtigde uitgawes af te skryf, is veral kommerwekkend. Dit sluit onder meer in:
• R102,4 miljoen vir finansies en administrasie
• R32,3 miljoen vir energiebronne
• R27,3 miljoen vir waterbestuur
• Miljoene meer vir ander afdelings

Die interne ouditverslag en die jongste verslag van die ouditeur-generaal (OG) beklemtoon swak finansiële kontroles, nie-nakoming van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA), onderbegroting en onrealistiese praktyke. Slegs 30% van die beplande teikens is bereik, ten spyte van volle besteding.

Die munisipaliteit erken dat hy nie meer sy Eskom-verpligtinge kan nakom nie. Waterverliese bly uiters hoog op meer as 50%, terwyl kragverliese 26% beloop.
Infrastruktuurprojekte soos padwerke en gemeenskapsgeriewe bly onafgehandel en die begrotings vir herstel en instandhouding word verder verminder.

Dit is onregverdig om van inwoners te verwag om hoër tariewe te betaal terwyl daar geen finansiële beheer toegepas word en dienslewering hand oor hand agteruitgaan nie.

Die VF Plus doen ’n dringende beroep op die munisipaliteit om:
• Finansiële kontroles dringend te versterk
• ’n Onafhanklike ondersoek na ongemagtigde uitgawes te doen
• Gevolgbestuur konsekwent toe te pas
• ’n realistiese en befondsde herstelplan te implementeer
• Water- en kragverliese aggressief te verminder
• Instandhouding van infrastruktuur voorrang te gee bo nie-noodsaaklike uitgawes
Inwoners van AbaQulusi verdien ’n munisipaliteit wat openbare fondse beskerm, volhoubare dienste lewer en met verantwoordelikheid regeer.

Op 4 November het inwoners die geleentheid om vir die VF Plus te stem om AbaQulusi uit die hande van die IVP te hou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.