fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Aanklaers in Vrede-staatskapingsaak moet verantwoording doen

Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, moet die optrede van die aanklaers wat betrokke was by die mislukking van die eerste staatskapingsaak, ondersoek.

Indien daar gevind word dat hulle skuldig was aan enige growwe nalatigheid, moet hulle aangekla en vervolg word.

Die aanklaers kon nie eens daarin slaag om in die hof te voldoen aan die minimum vereistes wat gestel word vir die strafregtelike aanspreeklikheid van die beskuldigdes nie.

In die saak, waar agt beskuldigdes van korrupsie aankla is in verband met die berugte Vrede-suiwelprojek, kon staatsgetuies nie eens omstandigheidsgetuienis aanbied nie. Dit dui ook op swak ondersoekwerk.

Die beskuldigdes het die voormalige hoof van die departement van landbou in die Vrystaat ingesluit.

Net ná die openingbetoë en voor enige beskuldigde self nog hul getuienis kon lewer of getuies kon roep, het sewe die waarnemende regter, Nompumelelo Gusha, versoek om alle aanklagte teen hul te laat vaar.

Regter Gusha het ernstige foute met elke getuie van die staat opgemerk nadat sy die saak bestudeer het.

Geen getuie was in staat om getuienis aan te bied oor die juistheid van enige dokument voor die hof nie.

Die oorspronklike dokumente waarop hul getuienis berus het, was nie eens beskikbaar in die hof nie en bepaalde ondersteunende dokumente het nie ooreengestem met spesifieke getuienis wat die getuies wou aanbied nie.

Die regter het uiteindelik bevind dat die staat se saak doodgebore is omdat die staat gewone opset wou bewys maar geen rugsteuning daarvoor kon aanbied nie.

Dit is duidelik dat die staat se eie getuies die saak laat misluk het.

Hierdie soort nalatigheid deur die staat het tot gevolg gehad dat die skuldiges, wat daarvan aangekla is dat hulle R25 miljoen se staatsgeld wanbestee het, skotvry weggestap het.

Indien die staat sukses wil behaal met verdere staatskapingsake sal die ondersoekbeamptes se werk deeglik moet wees.

Tesame hiermee moet bevoegde en ervare aanklaers die saak hanteer en in die hof aanbied.

Die VF Plus sal die optrede van minister Lamola in die aangeleentheid dophou en sal daarop bly aandring dat die persone wat nalatig was, verantwoordbaar gehou word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.