fbpx
Vryheidsfront Plus

Gebaretaal se insluiting as amptelike taal moet meer wees as net ‘n gebaar

Die erkennning van gebaretaal as twaalfde amptelike landstaal is ’n belangrike stap tot die bemagtiging van dowes en dit moet verwelkom word.

Dit is egter belangrik om werklike uitvoering te gee aan die amptelike status van die taal en dit nie, soos die ander landstale, ondergeskik te stel aan Engels nie.

Om bloot ’n taal in die Grondwet te erken, is ’n leë gebaar. In die praktyk ervaar Suid-Afrikaners dat daar eintlik net een amptelike taal is.

Hierdie ervaring begin reeds op junior skoolvlak waar moedertaal-onderrig ondergeskik gestel word aan Engels, tot op universiteitsvlak waar Afrikaans selfs aktief ondermyn word in die naam van inklusiwiteit.

Ná bykans dertig jaar van demokrasie is geen vordering gemaak om al die amptelike tale meer toeganklik te maak op skoolvlak nie.

By die Universiteit van Stellenbosch (US) is Afrikaanse studente die afgelope jare selfs deur medestudente verbied om hul eie taal in private gesprekke te gebruik.

Die VF Plus het in hierdie geval die menseregtekommissie (MRK) gevra om in te gryp en die US is opdrag gegee om sekere remedies te volg en verskoning te vra in die openbaar.

Hierdie is ’n goeie voorbeeld van die sinneloosheid daarvan om ’n taal amptelike status te gee wanneer daar in werklikheid ’n voortdurende stryd gevoer moet word oor die gebruik daarvan.

Deur die VF Plus se direkte ingryping is ’n tolkdiens by die parlement van Suid-Afrika ingestel.

Parlementslede kan in hul eie taal praat terwyl dit vir die ander lede in hul eie taal vertaal word. Ook in gebaretaal.

Die VF Plus sou wou sien dat hierdie gebruik uitgebrei word na die res van die samelewing.

Elke Suid-Afrikaner moet die geleentheid gegun word om op skool en elke openbare platform die taal te praat wat hulle ken en lief het.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.