fbpx
Vryheidsfront Plus

Sub-standaard produkte op Suid-Afrikaanse rakke vanweë verswakte reguleerder

Dit het vandag tydens ʼn verslagdoeningsvergadering van die parlementêre komitee vir handel, nywerheid en mededinging aan die lig gekom dat die nasionale reguleerder, wat verantwoordelik is vir die kwaliteitvoldoenings en -regulering van produkte wat op die Suid-Afrikaanse mark verhandel word, al vir ʼn geruime tyd reeds lamgelê is.

Volgens die hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRVS), mnr. Edward Mamadise, kortwiek ongevulde vakatures in kritieke bestuursposte, hoofsaaklik weens ʼn gebrek aan beskikbare kundigheid met ondervinding op die gebied van meting, die NRVS se werksaamhede.

Weens ʼn gebrek aan leierskap in die departement van handel, nywerheid en mededinging, faal die reguleerder ook in sy mandaat om tegniese spesifikasies te ontwikkel wat voldoen aan die snelveranderde vereistes van die plaaslike en oorsese mark.

Hierdie versuim veroorsaak dat ʼn groot hoeveelheid ongereguleerde en substandaard produkte ingevoer word en tot nadeel van Suid-Afrikaanse verbruikers op die winkelrakke van selfs groot kettinggroepe beland.

Die reguleerder se kanse om enigsins mededingend sake te kan doen, word ook gekniehalter deur jarelange arbeidsdispute wat die gevolg is van swak arbeidswetgewing, regeringsbeleid en bestuur.

Die VF Plus tree binnekort met die minister, Ebrahim Patel, in gesprek om druk toe te pas vir ʼn drastiese ingrypingsplan om die reguleerder reg te ruk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.