Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Aangepaste diensleweringsbegrotings – implementeringsplan erkenning van mislukking

Die burgemeester in die Tshwane-metroraad, dr Nasipi Moya, en haar koalisie het met groot vertoon verklaar dat hulle vir die eerste keer in jare ’n befondsde begroting kon aanbied.

Die jongste aanpassings aan die SDBIP (diensleweringbegrotings-implementeringsplan) bewys egter die teenoorgestelde: Die begroting was onrealisties, en die metro moes nou kritieke sleutelprestasieareas (SPA’s) afwaarts aanpas omdat die oorspronklike teikens nie behaal is nie.

Opsomming van afwaartse SPA-aanpassings:

• Finansiële gesondheid: Reserwes, likiditeitsverhoudings en invorderingskoerse is verlaag. Die metro het sy finansiële krag oorskat en kan nie inkomste teikens haal nie.
• Nutsdienste: Elektrisiteit, water, riool en vullis se finansiële marges is afwaarts aangepas. Terwyl tariewe styg, lewer die metro minder.
• Behuising en gemeenskapsdienste: Grondverkryging vir behuising en vullisverwydering in informele nedersettings is afgeskaal. Dit is beloftes aan inwoners wat nie nagekom word nie.
• Organisatoriese kapasiteit: Vakature-vulling is binne 6 maande verlaag wat beteken die administrasie kan nie kapasiteit bou vir belangrike grondvlakposte nie.

Hierdie aanpassings is ’n erkenning van mislukking: Oorbeloof, onderpresteer en nou die verlaging van maatstawwe om mislukkings weg te steek.

Inwoners betaal meer belasting en tariewe, maar die metro erken self dat hy nie sy oorspronklike SPA-teikens kan bereik nie.

Dit is ’n bewys van die burgemeester en haar koalisie se swak bestuur. Die sogenaamde “befondsde begroting” was ’n illusie en die afwaartse aanpassings is die harde bewys daarvan.

Nog ʼn rede waarom jou stem vir die VF Plus in 2026 so belangrik is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.