fbpx
Vryheidsfront Plus

Zuma-vonnis ‘n oorwinning vir grondwetlike demokrasie

"Vandag se uitspraak van die Grondwethof waarin oud-president Jacob Zuma tot onder meer 15 maande direkte gevangenisstraf gevonnis is vir minagting van die hof, is ’n oorwinning vir die grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Grondwethof en stem daarmee saam.

"Die wiele van geregtigheid draai stadig en soms te stadig, maar die uitspraak stuur wel die boodskap dat geregtigheid eindelik tog seëvier.

"Waarnemende adjunkhoofregter Sisi Khampepe het gelas dat Zuma homself binne vyf dae vrywillig moet aanmeld vir die aanvang van sy straf. Indien hy in gebreke bly om dit te doen, moet hy binne drie dae in hegtenis geneem word.

 

"Die wêreld sal daarvan kennis neem dat Suid-Afrika se regbank en grondwetlike demokrasie steeds sterk staan en dit is ’n positiewe verwikkeling."

 

"Die vonnis stuur ‘n sterk boodskap dat Zuma, en almal in Suid-Afrika moet besef dat hulle nie bo die reg verhewe is nie en die reg moet respekteer.

"Dit stuur ook ’n sterk boodskap aan almal wat gedagvaar word om voor die Zondo-kommissie te getuig, dat die gevolge van hul weiering om te getuig, ernstig sal wees.

"Zuma moet hom nou onderwerp aan die uitspraak en hom vreedsaam gaan aanmeld om sy straf uit te dien.

"Hy het in die afgelope jaar by herhaling gesê hy is bereid om eerder tronk toe te gaan as om voor Zondo te getuig en hy moet dit nou doen," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.