Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus slaag om R100 000-begrafniskostes vir raadslede te staak

Die VF Plus se voorstel dat raadslede verpligte bydraes tot begrafnispolisse moet maak, word uiteindelik deur die Mangaung-metroraad (Bloemfontein, Botshabelo, Dewetsdorp, Soutpan, Thaba Nchu, Van Stadensrus, Wepener) oorweeg.

Die VF Plus het hierdie voorstel gedoen aan die waarnemende stadsbestuurder, Teboho Maine, om die enorme koste rondom begrafnisse vir raadslede, wat tans sowat R100 000 per raadslid beloop, hok te slaan.

Dit is nie net ‘n onaanvaarbare praktyk nie, maar ook onwettig.

Die VF Plus is oortuig daarvan dat so ‘n polis die las van die belastingbetaler sal wegneem deurdat hierdie uitbetalings vervang sal word deur die polis waarvoor raadslede self moet betaal.

Die VF Plus het op elke vergadering teen dié begrafniskostes gestem.

Die VF Plus het dié voorstel oor begrafnispolisse vir raadslede se eie onkoste gedoen om die metro se kontantvloei en finansiële posisie te verbeter.

Maine het bevestig dat die metro besig is met omvattende onderhandelinge met verskeie versekeringsmaatskappye om voorsiening te maak vir hierdie dekking ná die 2021-plaaslike verkiesing. Die metroraad sal eersdaags dié polisse oorweeg.

Die VF Plus beskou dit as ‘n sukses, omdat gesonde finansiële praktyke in die metro nodig is.

Kiesers kan saam met die VF Plus opstaan teen wanbestuur, korrupsie, onbevoegdheid en die wanaanwending van belastinggeld.

Dienstegelde moet vir dienslewering geprioritiseer word en die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om soortgelyke gesonde finansiële praktyke tuis te bring in die metro.

Navrae: 082 305 1540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.