fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Zuma minag die hof en moet in hegtenis geneem word

"Oud-president Jacob Zuma het vandag ’n direkte bevel van die Grondwethof geïgnoreer om voor die Zondo-kommissie van ondersoek te verskyn en hy moet summier in hegtenis geneem word weens minagting van die hof," sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

"Dit wil voorkom of Zuma hoop die kommissie se termyn verstryk einde Maart vanjaar en daarom speel hy vir tyd in ’n poging om nie te getuig nie.

"Die werklikheid is egter dat die kommissie se tydsduur wel verleng kan word.

 

"Dit is ook nie vir Zuma en sy regsverteenwoordigers om te besluit of hy voor die kommissie hoef te verskyn of nie. Dit was ’n bevel van die Grondwethof dat hy vandag moes verskyn en hierdie bevel is doelbewus verontagsaam."

 

"Dit is minagting van die hoogste hof in die land en enige ander burger van Suid-Afrika sou in dieselfde omstandighede nou al in hegtenis geneem gewees het.

"Die VF Plus se standpunt is dat Zuma nie verhewe is bo die reg nie. Hy kan nie spesiale behandeling ontvang nie en moet in hegtenis geneem word. Sy regspan kan dan op verdere stappe besluit," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.