Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Werkloosheid: Styging wys dit is terug na normaal

Werkloosheid in Suid-Afrika het weer begin om sy opwaartse spiraal te hervat ná die afgelope agt kwartale se effe dalende koers. Die styging weerspieël die realiteit van die land se ekonomiese agteruitgang.

Die tydelike verbetering in die werkloosheidsyfer was ‘n gegewe weens die slagting wat Covid-19 veroorsaak het op die arbeidsmark.

Die VF Plus voorsien dat beurtkrag en die onlangse aangepaste minimum loon hierdie opwaartse spiraal van werkloosheid in die volgende maande sal aanhelp.

Luidens die jongste werkloosheidsyfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA) is werkloosheidheid tans op tot 32,1%. Uitgebreide werkloosheid staan op 41,1% teenoor die vorige kwartaal se 41,2%.

Dit is ʼn tragedie dat 11,7 miljoen Suid-Afrikaners wat gereed is om die arbeidsmark te betree en te help om die ekonomie te bou, werkloos by die huis sit.

Hierdie situasie sal nét verder agteruitgaan so lank was wat Suid-Afrika regeer word deur ‘n regering wat sy belange bó die van die land se inwoners stel.

Soos onlangs gehoor is van ‘n senior ANC-ampsdraer, me. Sylvia Lucas, adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) in haar kommentaar op die staatsrede, beskou die ANC beurtkrag nie “as die einde van die wêreld” nie.

Dit is duidelik dat die ANC nie net te onbevoeg is om beurtkrag te beëindig, nie, maar dat hy soos me. Lucas in werklikheid nie ware erns het oor die effek daarvan op gewone Suid-Afrikaners nie.

Die realiteit van beurtkrag is dat dit die ekonomie verder gaan laat krimp deurdat ondernemings en fabrieke sal moet sluit of hul bedrywighede ingrypend sal moet afskaal.

Anders as me. Lucas se gevoellose siening vanuit ‘n bevoorregte posisie, beteken beurtkrag wel vir baie mense die einde van die wêreld wanneer hulle afgelê word en nie ‘n ander werk kan vind nie.

Net so speel die agteruitgang van plaaslike regering en kwynende dienslewering ‘n groot rol as bydraende faktor tot ekonomiese verswakking en werkloosheid.

Volgens ‘n peiling van die mediese vakbond Samatu is sowat 800 gekwalifiseerde dokters werkloos. Teen die agtergrond van ‘n openbare gesondheidstelsel wat in duie stort, skets dit waarskynlik die wesenlike krisis van werkloosheid die beste.

Indien daar soveel mense soos dokters, aptekers en verpleegsters is wie se kundigheid van kritieke belang is maar hulle kry nie werk nie, hoeveel te meer sal swakker of onopgeleide mense sukkel om werk te kry?

Die resultate van die ANC-regering se onbevoegdheid, wanbestuur en korrupsie oor dertig jaar kan nie meer weggepraat word nie. Nie eens meer deur apartheid nie.

Dit is tyd vir elke Suid-Afrikaner om sy kruisie te gaan trek in die komende verkiesing om ‘n nuwe, bevoegde regering aan bewind te bring. Diegene wat versuim om dit te doen, moenie te seker daarvan wees dat hulle nie gou deel sal word van die land se werkloosheid-statistiek nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.